Dis só in op die oomblik!

Daar is ‘n nuwe ding wat kop wys onder die studente in Suid-Afrika. Dit kom al sedert die Elektroniese Sigaret in 2008 bekend gemaak is, maar dit is NUUTER, BETER, meer SMAAKVOL en ORALS!

Dit word “Vapes” genoem

Hierdie nuwe toestel kom in verskeie groottes, vorms, kleure en naammake voor.

7fe55e353dad52046fab5911e60d2a1d

Maar wat is dit nou regtig? En hoekom is dit so bekend onder studente?

“Vaping” is wanneer ‘n persoon gegeurde damp (in engels “vapor”) deur ‘n kommersiële toestel in asem. Die gegeurde damp word geskep deur ‘n vloeistof te verhit wat verskeie konsentrasies van nikotien en ander natuurlike chemikalieë soos groente-olies (vegtable oils), ens. bevat.

Tydens ‘n onderhoud met verskeie studente op die Bloemfontein Kampus, is die meeste van mening dat dit juis die liplekker geure is wat die “Vape” so aanloklik maak.

Die hoeveelheid beskikbare geure wat regoor die land bekombaar is, is ontelbaar. Daar is selfs katogoriëe waaronder die verskillende geure geplaas word. Die ses katagoriëe is as volg:

  1. Tabak gegeurde -;
  2. Nagereg gegeurde -;
  3. Vrugte gegeurde -;
  4. Lekkergoed gegeurde -;
  5. Kos gegeurde- en
  6. Drank gegeurde geure.

Onderaan elkeen van hierdie katagoriëe is daar duisende geure om van te kies. Ek meen, die wat wil, kan selfs bacon of jalepeno gegeurde geure rook! Somige van die bekendste geure is onder andere Framboos -,Spookasem -, Vanilla – en Karamel Kaaskoek geur.

eliquids

Volgens die studente wat ‘vape’ op die Bloemfontein Kampus, is dit belangrik om te weet dat ‘vaping’ baie van Elektroniese sigarete verskil. Die belangrikste verskil is dat E-sigarette se olies tabak bevat, terwyl ‘vaping’ se geure tabak-vry ontwerp is.

Die meeste van die studente wat in besit van ‘n ‘vape’ is, vertel dat hulle oorspronklik eers sigarette gerook het, en besluit het om te begin ‘vape’ as ‘n gesonder alternatief.

Die beste ding van ‘n ‘vape’ sê dis studente, is dat jy dit selfs in die geboue op kampus kan rook. “Die reuk is aangenaam, almal wil dit proe, selfs studente wat nog nooit voorheen gerook het nie.”

Hierdie nuwe toestel het beslis sy naam hier op die Bloemfontein Kampus gemaak! Hou maar dop, dit is wyd verspreid en almal doen dit!

Luister hieronder wat die Kovsies studente vertel van die nuwe inding :

Advertisements

Naambome…

Gedurende die #Feesmustfall-protesoptogte in 2016 is name op bome op Die Universiteit van Vrystaat se Bloemfontein kamus geverf. Hierdie naambome is te sien in die straat tussen die Flippe Groenewoud-gebou en die Chemie- en Sielkunde-geboue.

Nadat ek ‘n onderhoud met ‘n paar mede Kovsie studente gedoen het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat baie van die studente wat daagliks verby hierdie bome loop slegs enkele name – soos Mugabe of Sobukwe – herken, die res bly vir hulle onbekend.

Op een van die bome is die agternaam ‘Cabral’ geverf. Ek het besluit om meer navorsing oor hierdie persoon te doen en studente in te lig oor hoekom die protesterende studente gekies het om sý naam teen ‘n boom te merk.

Amilcar Cabral, een van Afrika se voorste anti-koloniale leiers is gebore op 12 September 1924 in Guinea-Bissau. Hy was bekend vir sy werk as ‘n landbou-ingenieur, intelektueel, digter, teoretici, revolusionêr, politieke organiseerder, nasionalis en diplomaat. Cabral, wat gereeld verwys was na die ‘Che Guevara’ van Guinea-Biassau, was die stigter en die leier van die “African Party for the Independence of Guinea and Cape Verde (PAIGC)”.

Cabral was egter nie net ‘n guerrilla leier nie. Hy was ‘n lanboukundige was sy kennis van landbou gebruik het om sy troepe te leer om selfsorgend te wees. Sy troepe het sy kennis ernstig opgeneem, en daarvan gebruik gemaak om plaaslike boere te onderrig. Dit het gesorg vir beter lanbou tegnieke en ‘n groter oes wat nie net hul gesinne sou voed nie, maar ook die PAIGC-soldate.

Hy was hoogs beïnvloed deur Marxistiese sienings en het ‘n inspirasie geword vir revolusionêre sosialiste en nasionale onafhanklikheidsbewegings wêreldwyd.

In 1973 sterf Cabral, wanneer van sy mede PAIGC lede hom doodskiet.

Van sy bekendste sêgoed is gewortel in die harte van baie kultuurgroepe in Suid-Afrika en ander lande regoor Afrika.

 “Hide nothing from the masses of our people. Tell no lies. Expose lies whenever they are told. Mask no difficulties, mistakes, failures. Claim no easy victories…” ― Amílcar Cabral, Revolution in Guinea

Vandag nog is Cabral ‘n ikoon vir sy land en word hy regoor die wêreld herdenk.

Vryheid is verantwoordelikheid!

Die wêreld waarin ons leef, sit met ‘n groot probleem. Mense leef op maniere wat ons nie kan versoen met hoe mense in die verlede geleef het nie. Iemand het onlangs terloops genoem dat dit al die regte is wat almal deesdae het. Maar die probleem lê nie daarin dat almal regte het nie, die probleem is dat mense iewers begin glo het dat regte sonder koste kom, dat dit iets is wat ‘n mens sommer net het, die probleem is dat niemand omgee oor die regte van ander nie.

“Met enige reg, is daar verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.” Hierdie woorde word al van Laerskool af by ‘n kind se kop ingeboor. Is dit noodsaaklik? Beslis! Omdat almal oor menseregte beskik, moet ons verseker dat ons ander se regte respekteer. Elke individu is verantwoordelik vir die beskerming van elke ander individu se regte.

Maar wat is menseregte? En hoekom is dit so belangrik dat ons dit elke jaar op 21 Maart herdenk? Wel, dit is eintlik eenvoudig. Menseregte is die basiese regte wat elke individu het, bloot omdat hulle menslik is. Dit hoef nie verdien te word nie en dit is nie voorregte wat iemand aan jou gee nie. Jy het hierdie regte al sedert geboorte en niemand kan dit van jou af wegneem nie, maar jy mag ook nie iemand anders se regte van hom/haar af wegneem nie.

Hiermee bring ek graag twee regte na vore waarin ek gaan verduidelik hoe hierdie twee regte nie net ‘n persoon se reg as ’n individu is nie, maar ook ‘n verantwoordelikheid is.

Die Reg tot Vryheid  en Sekerheid van die persoon (Artikel 12)

Hierdie reg sluit aan by Vryheidsdag wat Suid-Afrikaners elke jaar op 27 April vier. Dit verduidelik dat almal die reg tot vryheid het, en slegs in die tronk opgesluit mag word om ‘n goeie rede. Dit verduidelik ook onder andere dat jy die reg het om vry te wees van alle vorms van geweld, selfs in jou eie huis. Jy het ook die reg om te besluit of jy wil kinders he of nie. Maar met dit alles het ons die verantwoordelikheid om ons vryheid wys te gebruik, sodat ander nie deur ons vryheid seergemaak word nie. Ons het ook die verantwoordelikheid om vir ons vryheid te veg, niemand anders gaan dit vir ons doen nie.

Gelykheid (Artikel 9)

Alle mense is gelyk en moet op gelyke wyses behandel word. Daar mag nie teen iemand op grond van sy ras, geslag, geslagtelikheid, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele geörienteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal of geboorte gediskrimineer word nie. Maar diskriminasie word toegelaat, indien dit billik is. Dit ons verantwoordelikheid om mense te behandel soos wat ons behandel wil word. Ons almal moet ons kant bring.

In hierdie lewe het ons baie regte, maar elkeen van hulle moet met verantwoordelikheid beskerm word. As ‘n mens kies om nie sy verantwoordelikheid na te kom nie, verloor hy/sy een vir een sy/haar regte en word die wêreld stuk vir stuk afgebreek. Gelukkig is dit nooit te laat om verantwoordelikheid te neem en beter te leef nie

Kampus-uitdagings: Iets moet gedoen word!

Dit is nou al ‘n geruime tyd dat die universiteite van Suid-Afrika ‘n geweldige probleem in die gesig staar. Hierdie probleem steek sy kop alreeds sedert 2015 uit, toe die #FeesMustFall beweging gestig is. Dit was egter eers in 2016 toe studente begin betoog het om tersiêre onderwys verniet te ontvang dat die situasie letterlik en figuurlik begin vlam vat het.

Studente bly ontevrede oor stygende klasgelde, en as daar nie ‘n oplossing vir hierdie probleem gevind gaan word nie, gaan die studente aanhou staak en Universiteite gaan net verder afgebrand en verniel word. Dit, ten koste van die onskuldige belastingbetaler. Terselfdertyd word die hoofdoel van hierdie instellings, naamlik onderrig, lamgelê.

Om ‘n oplossing te vind is egter nie so maklik nie. As klasgelde nie jaarliks toeneem nie, gaan negentien universiteite heel moontlik disfunksioneel wees. So, die vraag bly staan: Wat kan gedoen word om studente gelukkig te maak sonder om die universiteite finansieel op hul knieë te dwing?

Students protest over planned increases in tuition fees in Stellenbosch

Tydens verskeie onderhoude met ‘n paar studente van die Universiteit van die Vrystaat, is die volgende oplossings deur hulle voorgestel:

  • Indien studente wil staak moet hulle studentekaarte eers deeglik nagesien word en moet hulle eers geïdentifiseer word as ‘n student van die Universiteit. Dit is deur die studente baie duidelik gemaak dat die meeste betogers nie eers deel is van die Universiteit waar daar betoog word nie.
  • Daar moet met beter sekuriteitsmaatreëls vir byvoorbeeld busse vorendag gekom word. Nie-betogende studente wil weet hoe betogers met busse die kampusgronde binnekom. Hulle wil ook weet hoe ‘n student wat nie deel is van die Universiteit nie oor die algemeen dit regkry om die kampusgronde te betree.
  • Die regering kan meer betaal vir mense wat hard werk en goed doen. As ‘n student byvoorbeeld ‘n gemiddeld van 80% vir sy of haar vakke bereik, kan die regering instem om 80% van die student se studies te betaal. Met ander woorde hoe swakker die persoon presteer hoe minder regeringsbydrae verdien die persoon.
  • Keuringsvereistes moet strenger toegepas word.
  • Studente wat betoog moet ‘n kontrak teken wat hulle verbied om klasse te ontwrig en eiendom te beskadig. Dit is ‘n basiese verantwoordelikheid wat streng nagekom moet word, anders kan daar nie op regte aangedring word nie.
  • Daar kan van “drone”- tegnologie gebruik gemaak word om betogende studente wat hulself aan geweld skuldig maak af te neem en te identifiseer. Dit is belangrik om skuldiges behoorlik te straf, want hulle ontneem onskuldige studente van hul reg tot onderwys en bedreig terselfdertyd ‘n nog meer belangrike reg, naamlik die reg tot veiligheid.

Ek stem saam met een en elkeen van hierdie oplossings wat deur die studente genoem is, maar hoe effektief die oplossings gaan wees, sal nooit geskat kan word nie.

Dit is egter vir my ‘n baie belangrike doelwit om ‘n oplossing te vind wat Universiteite funksioneel sal laat bly. As enigiemand met beter oplossings vorendag kan kom, is hy of sy welkom om komentaar te lewer.

Die punt bly staan dat studente nooit gaan ophou om ontevrede te wees totdat hulle op een of ander manier hul sin kry nie. Dit mag dalk nie in hierdie jaar of die jaar daarna gebeur nie, maar 2016 gaan homself beslis in die toekoms herhaal en as dit gebeur, moet ons voorbereid wees om die situasie beter te kan hanteer.

Die gange van verlange…

In die gange van verlange
loop ek kaalvoet
in jou vas
en jou skaduwee dans een-saam
met myne

7218668744_65e2ee513a_b

In die kamers van allenheid
hoor ek jou stem
nakend
lê die geluide
en die vuil lakens
bly leeg
daar waar ons eens
een kon wees

Hoekom ruik ek dan nie meer
die soet-suur reuke van jou lyf nie?
Waarheen het jou lag verdwyn?
Is die trane op jou wange al opgedroog?
Mis jy ook die droogheid van ons wyn?

Op die mure van niksheid
skryf ek jou naam
in swart
want dis al wat hou
die bitter van die seerkry
en die pyn in my
is al wat my hart onthou

dan lag ek as jy my kielie
met jou insek vingers oor my lyf
en jy sê ek moet meer lag
dit laat my vir jou mooi lyk

maar hoe lag ek as jy daar is
en ek hier?
en waar kom geluk vandaan
as jy al is wat my gelukkig maak?

En hoe kan ek aanhou saam sing
As ek dink net aan een ding :
die hoeveelheid
van die eensaamheid
in die oneindigheid
van hoe ek jou mis…

Letter of Emptyness

Dear Mister Watching Over us

Somehow You have gained my trust. It seemed impossible at first, since I don’t really trust someone easily. I have been thinking a lot recently, maybe the pills aren’t working properly, or maybe I just need to give it some time, cause apparently time heals everything.

91ClaryPt4Ep3ClaryinDarkPrisonWriting13

I don’t really like feeling this way, see I really care for someone who doesn’t feel the same. I know I asked you a lot about this before, but what is the reason for this heart’s war?

I actually can’t complain today, it’s just that I have so much to say, and no one is eager to listen about my broken thoughts and pain. Sometimes I feel like giving up, life is only a chase after wind, a running routine of nothingness.

I am a blessed child, with so much to be thankful for, but Mister Watching Over us, is this all life is about? Being thankful for what we got and grieve for those who don’t have it?

Even Hollywood Stars, they don’t have the life everyone thinks they have, sometimes I feel sorry for the people who envy the life of a famous person, stars can only shine for so long, then they fade away as well, the same way we fade away a bit by bit every day.

Maybe I am being a pessimist or maybe I’m just not naive, maybe I just want to suck the life out of everything people think they need.

Dear Mister Watching Over us, do you understand me? Or is misunderstood all I’ll ever be? If I don’t have a cause in this grieving world, and if love was never meant for me, just please give me a reasonable reason to be

and a perfectly good explanation to breathe…

Winter In My Hart

Jak de Priester belowe dat die son weer sal skyn, maar vandag sien ek nie die silwer rand om die wolke nie. My winter hart treur saam met die reëndruppels wat sousend hier om my val, en ek voel groen – nes die gras, omdat sy die een was wat laas nag in jou arms kon lê. Ek probeer my emosies deel vir deel verduidelik, maar dit bly stukkend en onvoltooid, nes my leë woorde. Hartseer liedjies troos my nie meer nie, ook nie die gloei van my rokende siggaret nie, nie eers koffie gee my die energie wat ek nodig het om deur die dag te kom nie. En dan wonder ek… Was alles van my nogsteeds te min?

tired-alone-girl-rain-sad-favim-com-408942

 

Raak jy soms stil om te wonder hoe dit met my gaan? Hoe voel jy as my naam hoor, steek dit soos ‘n mes? Raak jy opgewonde? Of pla dit jou nie? Lag jy ook uit jou maag uit as jy aan ons twee se tye saam dink? Ek doen. Ek lag oor elke oomblik saam met jou.  Die snaakse uitdrukkings op jou gesig as jy iets nie verstaan het nie, jou mompelende woorde as jy iets wou sê wat jou skaam gemaak het, jou belaglike snaakse dansbewegings, jou duisende stories oor jonk en laf wees. Alles kom terug in ‘n blinkende oogwink en vir hierdie pragtige sekond voel my hart weer heel, maar dan tref die realiteit my… Dit is nou sy.

Dit is sy wat na jou dronk praatjies gaan luister as julle huis toe ry na ‘n deurmekaar aand. Dit is sy wat jou sagte lippe gaan proe as jy ophou praat en skielik stil raak. Dit is sy wat jou hand stywer gaan druk as jy iets uitlaat wat jou seer maak. Dit is sy wat nou is waar ek wil wees. Ek kan seker nie sê dat sy my plek ingeneem het nie, want as ek nou eerlik met myself moet wees, weet ek dat daar nog nooit by jou ‘n plek vir my was nie.

Ek weet ek baklei soms teveel met jou, en my sarkastiese opmerkings maak jou mal. Soms se ek dinge wat nie sin maak nie en ek hou daarvan om te maak of jy niks vir my beteken nie, maar die waarheid is : Jy beteken meer vir my as wat jou kop ooit kan dink.  Ek bly lief op jou al is ons boot besig om te sink. Ek luister vanaand weer na die woorde van ‘n liedjie wat jy ‘n rukkie terug vir my gespeel het en dit eggo oral om my…

“Every night I realize I need you close to me, but every night I compromise I lie here all alone,

I long for you…”

Waar is al ons tye heen? En wat het my besiel? Is dit jou skuld, of het ek myself verniel? Ek moes aanhou veg vir jou, maar ek het opgehou.

Nou is dit winter in my hart en winter in my kop en die son wat in jou oë jou kon skyn, sukkel om op te kom.

Jak de Priester sê : “Die son moet weer opkom, die soen moet weer skyn…”

Maar jy was my son,

jy was my wyn…